Die mense wat grond oorkant Lourierpark in Bloemfontein sowat 10 maande gelede onwettig beset het, sal nou gedienste erwe op ‘n plaas naby Grootvlei, suidoos van die stad kry.
Netwerk 24 berig die plaas van 128 hektaar was oorspronklik vir ‘n begrafplaas geoormerk, en is groot genoeg om 3 200 erwe van 300 vierkante meter elk uit te sit.
Volgens ‘n hofbevel mag die mense nie verskuif geword het voordat daar nie vir hulle alternatiewe behuising verskaf is nie. Intussen lyk dit of daar nuwe intrekkers is, wat volgens DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, Dave McKay, beteken vorige grondbesetters het wel ander blyplek gehad.
Dit word berig besetters het na hul vorige woonplekke terug getrek en verhuur nou hul strukture by Lourierpark. Daar tans 173 strukture wat permanente status het nadat die Rooimiere ‘n aantal strukture verlede jaar verwyder het.