‘n Dorp in Wes-Rusland, wat digby een van die land se grootste kernkragsentrales geleë is, het vroeg vanoggend deurgeloop toe ‘n Oekraïense
lugaanval skade aan een van die geboue hier aangerig het.
Geen beserings of lewensverlies is weens vanoggend se aanval aangemeld nie en daar word ook niks genoem van enige skade aan Kursk nie.
Vanoggend se Oekraïnse hommeltuigaanval word as die grootste enkele aanval bestempel wat op Rusland geloods is, sedert Rusland Oekraïne op 24 Februarie 2022 binnegeval het.
Reuters berig die Kursk-kernkragstasie, wat uit die Sowjet-era dateer, het dieselfde reaktors as dié wat by die Chernobyl-kernkragsentrale diens
gedoen het.
’n Ontploffing en brand in 1986 by die Chernobyl-kernkragaanleg, in die eertydse Sowjet-Oekraïne, bly steeds die grootste kernkrag-ongeluk van alle tye.