Die grootste opelugsaalperdskou ter wêreld, het gister as deel van die 140ste jaarlikse Bloemskou in Bloemfontein begin.

Volksblad berig dié perde met hul statige houding, en ewe deftige vertoners is tot Saterdag in sowat 181 klasse in die arena op die Bloemfonteinse skougronde in die suide van die stad te sien.

Minstens 830 perde neem vanjaar aan dié kampioenskap deel. Bloemskou wat jaarliks derduisende mense van reg oor land lok, gooi sy hekke oormôre amptelik oop.

Die skou duur tot 6 Mei.

Maak seker jy loop nie die geleentheid mis nie, om ‘n bietjie skouer met die Rosestad-span by die skou te skuur.

Rosestad 100.6FM saai ten tyde van die skou elke dag hiervandaan uit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×