Die GST Beacon of Hope, Suid-Afrika se hoogste Kersboom, is 45m hoog – 7m hoër as sy voorganger – en is by die GST hoofkantore in Hartebeespoort in die Noordwes geleë.

Met 6km se ligte en meer as 40 000 flikkerende LED-gloeilampies, skyn die GST Beacon of Hope helder as ‘n bewys van die krag en veerkragtigheid van die menslike gees.

Geïnspireer deur die sukses van die 2023 Beacon of Hope, is die boom vir die eerste keer deur GST se uitvoerende hoof, Johan Ingram, verlig.

Volgens GST is hulle opgewonde om te sien hoe hul baken ‘n vonk van kreatiwiteit en hoop in ander laat opvlam het. Dit het tot die skepping van die Baken van Lig in Thabazimbi en die Baken van Vreugde in Nigerië gelei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×