Die Guptas het na bewering die Optimum myn gekoop met geld wat hulle uit onreëlmatige kontrakte met die staat gemaak het .

Paul Holden ‘n Direkteur van Shadow World Investigations, het aan die staatskapingskommissie gesê die Guptas het die Optimum myn gekoop met geld wat hulle uit onreëlmatige kontrakte met die staat gemaak het. Die Gupta maatskappy Tageta het in 2016 twee-komma-een miljard rand betaal om Optimum te koop. Holden het vroeër aan die kommissie gesê dat die staat bykans 60 miljard rand kwyt is weens staatskaping. Die meerderheid van die kontrakte is aan ondernemings met Gupta bande toegeken.

Luister na potgooie hieronder