Die Haaie maak hulle gereed vir ‘n groot aanslag vanaand

Die Haaie maak hulle gereed vir ‘n groot aanslag vanaand waar die Britse en Ierse Leeus hulle die stryd gaan aansê in die besoekers se tweede wedstryd van hulle Afrika toer.

Vir die Natalse franchise is daar baie op die spel – Eerstens om geskiedenis te maak en tweedens om die naam van Suid-Afrikaanse rugby in ere te herstel.

Met die drag slae wat laasweek aan die plaaslike Leeus uitgedeel was nog vars in hulle geheue, het Sean Everitt, arigter van die Haaie, gesê dat Suid-Afrika ‘n trotse rugbyland is en nie week na week deur spanne verniel wil word nie.

Die Natalse Haaie kon nog nooit die Britse en Ierse Leeus klop nie en die naaste wat hulle daaraan gekom het was ’n 3-elk gelykop uitslag in 1924 wat die eertydse Natal behaal het.

Die skeidsregter vir diè wedstryd wat vanaand om 8-uur afskop, is Jaco Peyper.

Luister na potgooie hieronder