Die haglike en lewensgevaarlike toestand van paaie in die Noord-Vrystaat bly ’n krisis.
Op net 17 kilometer van die R34 tussen Memel en Bothaspas is daar skynbaar ongeveer 380 slaggate.
Netwerk24 berig ongelukke kom amper daagliks hier voor, wanneer voertuie slaggate tref.
Johann du Toit, skoolhoof van die Laerskool Memel, het gesê die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, het skynbaar nog nie amptelik deur die minister van vervoer gevra dat Sanral help om die paaie hier te herstel nie.
Sanral kan gevra word om paaie reg te maak as die provinsie dit nie self kan doen nie.
Du Toit reken die feit dat Sanral nog nie om hulp gevra is nie, kan voor Dukwana se deur gelê word.
William Bulwane, wie tot onlangs LUR vir polisie, paaie en vervoer was, het gesê hy wou nog die Vrystaatse uitvoerende raad en die premier vra om Sanral te versoek om die Noord-Vrystaatse paaie reg te maak, maar dat sy ampstermyn verstryk het voordat hy met die proses kon begin.