Een van die mans wat skuldig bevind is op aanklagte wat met ‘n bedrieglike beleggingskema verband hou, is in die handelshof in Bethelehem gevonnis.

Meer as R500 000 is goedsmoeds deur mense “belê,” nadat die verdagtes rente- opbrengste van tussen 25% en 100% “gewaarborg” het.

IOL berig die 29-jarige Neo Patrick Makhokolo, stigter van Black Child Billionaire, is op drie bedrogaanklagte tot vier jaar tronkstraf gevonnis.

Hy is ook tot vier jaar gevonnis vir die oortreding van die Bankwet, en nóg vier vir oortredings wat geldwassery insluit.

Al sy vonisse is in geheel vir 5 jaar opgeskort.

Intussen is Makhokolo se medebeskuldigde, die 27-jarige Lebohang Ernest Maboea, nêrens te vinde nie.

Hy is in 2021, weens sy vermeende betrokkenheid by die skema, in hegtenis geneem.

Borgtog is aan hom toegestaan, waarna Maboea versuim het om in die hof te verskyn.

Hy word nou deur die Vrystaatse Valke gesoek.

Die vermoede bestaan dat hy iewers in die Vrystaat of in Gauteng is.

Mense met inligting wat kan help om Maboea op te spoor, word gevra om die polisie se Stop Misdaad-nommer, 08-600 1-0-111 te bel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×