Die herinstelling van die maatskaplike verligtingstoelaag van R350 weens die Covid-19 pandemie word verwelkom.

Die herinstelling van die maatskaplike verligtingstoelaag van R350 weens die Covid-19 pandemie is deur die DA in die parlement verwelkom. Volgens die Minister van Finansies, Tito Mboweni is 27 miljard rand opsygesit vir die toelaag aan werklose mense en ander wat daarvoor kwalifiseer. Die DA se woordvoerder oor finansies, Dion George, sê die nuwe benadering deur die regering stem ooreen met die privaatlede-wetsontwerp wat hy verlede jaar ingedien het. Hy sê die beoogde stuk wetgewing sal werknemers in staat stel om toegang tot ‘n sekere gedeelte van hul pensioenvoordele te verkry as waarborg vir ‘n lening.  Die Poskantoor sê intussen hy maak gereed vir die verspreiding van die maandelikse toelaag van R350, ondanks skade aan takke tydens die onlangse onrus.

Luister na potgooie hieronder