Die hernuwing van rybewyse ‘n probleem vir Vrystaaters

Die hernuwing van rybewyse vir Vrystaatse inwonders het ontaard in ‘n groot probleem met toetssentrums wat vir dae lank gesluit word, lang toue mense en ‘n beperkte getal beamptes wat motorise bedien.

Volgens Maroela Media het ‘n Bloemfonteinse inwoner aan hulle vertel dat sy en haar man, asook twee ander inwoners, al byna ‘n jaar lank probeer om hulle rybewyse in Bloemfontein en omliggende dorpe te hernu.

Volgens dié inwoner is hulle onverrigter sake weggewys weens sentrums wat slegs ‘n sekere hoeveelheid mense per dag help, beperkte kantoorure asook personeeltekorte.

Motoriste met bestuurslisensies wat reeds tussen 26 Maart en 31 Desember verlede jaar verval het, het kans tot 31 Augustus om dit te hernu.

Armand Cloete, VF Plus-raadslid, sê hulle word oorval met klagtes rakende kantore wat vir dae en selfs weke gesluit was, ʼn tekort aan vorms en drukwerk wat nie gedoen kon word nie.

Luister na potgooie hieronder