Die heropening van skole vir die nuwe skooljaar is met twee weke uitgestel

 Die heropening van skole vir die nuwe skooljaar is met twee weke uitgestel

Die heropening van skole vir die nuwe skooljaar is met twee weke uitgestel.
Weens die tweede vlaag van Covid-19 sal skole eers op 15 Februarie hervat.
Reginah Mhaule, die adjunkminister van Basiese Onderwys, het op ‘n nuuskonferensie aangekondig dat skoolbestuurspanne op 25 Januarie moet aanmeld terwyl onderwysers op 1 Februarie moet aanmeld.
Volgens Mhaule is die besluit genoodsaak deur die omvang van die pandemie in Suid-Afrika asook die invloed wat dit op die land se gesondheidstelsel het.
Mhaule sê verder die besluit is nié geneem weens vrees vir Covid 19 nie, maar om die lewens van onderwysers en leerlinge te beskerm.

LeandreAdmin@