Inwoners van Mangaung Metro word ingelig dat Eskom sy noodstop afgehandel het en dat die waterherstelproses goed vorder.
Die span sukkel tans net met die vul van die waterpyplyn.
Die Maselspoort-watersuiweringsaanleg, wat steeds onder opknapping is, funksioneer voortdurend om die Hamilton-reservoir te ondersteun, terwyl die Welbedacht-stelsel die Brandkop- en Longridge-reservoirs onderhou.
Uiters warm weerstoestande speel ‘n groot rol in die herstel van ons reservoirs, aangesien waterverbruik hoog is.
Dit beïnvloed die volle herstel in hoogliggende gebiede, maar die spanne werk onverpoosd om te verseker dat geaffekteerde gebiede water ontvang.
Die huidige hittegolf verhoog die aanvraag, en watertoevoer begin opdroog.
As die situasie nie binne 48 uur verbeter nie, sal die stad rantsoenering instel.
Inwoners word aangeraai om water spaarsamig te gebruik om die stelsel te help herstel.