Die herstelkoers binne die Covid-19 pandemie toon ‘n styging

Oor die afgelope 24 uur is 3 699 nuwe gevalle van Covid-19, en 300 sterftes landwyd gerapporteer.

Die huidige herstelkoers staan op 93,9%.

Die totale inentings in Suid-Afrika staan tans op byna 15-miljoen.

Intussen het Mondli Gungubele, minister in die presidensie, gister op ‘n nuuskonferensie bekend gemaak dat digitale Covid-19 inentingspaspoorte dalk binnekort Suid-Afrikaners se voorland is, indien die kabinet sy sin kry.

Volgens hom is dit ook belangrik om mense bewus te maak van die verband tussen inentings en die oopstel van die ekonomie.

Luister na potgooie hieronder