Die Hoërskool Brackenfell moet volgende maand terug hof toe om die EFF te probeer verhoed om buite die skool te betoog

Die Hoërskool Brackenfell moet volgende maand terug hof toe om die EFF te probeer verhoed om buite die skool te betoog.

Die skool se aansoek vir ‘n dringende interdik om die EFF se betogings stop te sit, is in die Hooggeregshof in Kaapstad tot 2 Desember uitgestel.

Die skool se beheerliggaam het die aansoek gebring, maar die EFF se regspan was nie beskikbaar om die verrigtinge by te woon nie.

Geweld het vroeër tussen ouers en lede van die EFF uitgebreek tydens betogings oor beweerde rassisme.

Dit volg nadat 42 blanke leerlinge na ‘n privaat matriek-partytjie by ‘n wynlandgoed uitgenooi is.

Luister na potgooie hieronder