Die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein het Dinsdag, nogal op Valentysdag, minstens 18 slaggate in paaie om die skool reggemaak.

Verlede week se swaar reën in die noorde van die stad het groot skade aan die paaie in die omgewing van die skool in die Dan Pienaar-woongebied aangerig.

Netwerk24 berig die bemarker van die skool, Gerda Spies, het gesê die slaggate is as een van die skool se gemeenskapsprojekte herstel.

Volgens haar was van die paaie in die omgewing amper heeltemal onbegaanbaar.

Van die leerlinge het reeds rybewyse en die veiligheid van die skool se personeel is ook vir hulle baie belangrik.

Sy het gesê daar is talle ondernemings in die omgewing en dat die swak toestand van die paaie ook vir hulle ‘n doring in die vlees is.

Nog swaar reën word in die komende week in Bloemfontein verwag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×