Die hof beslis dat die CR17- fonds se bankstate vertroulik mag bly

Die hooggeregshof in Pretoria het vandag beslis dat die bankstate van president Cyril Ramaphosa se CR 17-verkiesingsfonds van 2017 nie openbaar gemaak hoef te word nie.

Ramaphosa het die fonds destyds gebruik om vir sy verkiesingsveldtog met die ANC se leierskapverkiesing in 2017 te betaal.

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, het die bankstate in die hande gekry tydens haar ondersoek na die skenking van R500 000 deur die firma Bosasa aan die fonds.

Die hof het bevind dat die OB irrasioneel, onverantwoordelik en buite haar jurisdiksie opgetree het in hierdie verband.

Die EFF, wat Mkhwebane deurentyd ondersteun het, het aansoek gedoen dat die bankstate openbaar gemaak word.

Hierdie aansoek is met koste van die hand gewys.

Luister na potgooie hieronder