Die hooggeregshof in Kaapstad het vandag verskeie verslae van ‘n paneel psigiaters aanvaar dat die vyftigjarige Zandile Christmas Mafe wat die parlement in Januarie 2022 aan die brand gesteek het, nie geskik is om verhoor te word nie. Netwerk 24 berig die hoof van die paneel psigiaters van die Fort England psigiatriese hospitaal het in November in die hof oor hul bevindings kom getuig. Mafe het self ook verlede maand getuig en na homself as ‘n terroris verwys wat gestuur is op ‘n missie om die parlement af te brand. Hy het gesê hy is trots op wat hy gedoen het en is vir miljoene mense ‘n held. Die bevindinge van die paneel psigiaters is deur ‘n onafhanklike psigiater geëvalueer wat tot dieselfde bevinding gekom het dat Mafe nie ‘n verhoor sal kan volg nie. Albei verslae toon hy is skisofrenies.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×