Die African Transformation Movement, of ATM, staan teen die Openbare Beskermer, of OB, op.
Die ATM het gister ʼn hersieningsaansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien rakende die OB-verslag oor beweerde misdrywe by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildsplaas.
Die ATM beweer die waarnemende OB, advokaat Kholeka Gcaleka, het belangrike getuienis geïgnoreer in die verslag waarin sy die president van enige oortreding in die saak vryspreek.
Die party vra in sy aansoek dat Gcaleka bevindings as ongrondwetlik en dus ongeldig, verklaar word.