Die hooggeregshof in Pietermaritzburg lewer na verwagting vandag uitspraak oor die verwydering van advokaat Billy Downer as hoofaanklaer in
oudpresident Jacob Zuma se wapenskandaal-saak.
Zuma het ‘n onttrekkingsaansoek ingedien waarin hy onder meer aanvoer Downer se aanstelling as staatsaanklaer in die saak is ongrondwetlik.
Zuma reken Downer is bevooroordeeld en beskik nie oor die regte kwalifikasies om hom te vervolg nie.
Zuma en die Franse wapenvervaardiger, Thales, staan in die saak op 15 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery tereg.
Zuma ontken enige skuld.