Die hoof van die Motheo Kollege in Bloemfontein klou aan “Professor” titel

Die kwessie oor die vraag of die hoof van die Motheo Kollege in Bloemfontein, Dipiloane Phutsisi, haarself steeds ‘n professor kan noem, gaan draai nou vir die tweede keer in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Phutsisi versoek die hof dringend om die Sunday Times te verbied om eerskomende Sondag oor haar omstrede titel te berig.

Sy meen dit sal ‘n laster-aksie wat sy juis hieroor teen ‘n kollege, Tumelo Kabi, in die hooggeregshof voer, nadelig beïnvloed.

Netwerk24 berig dat die Sunday Times die aansoek teenstaan.

Susan Smuts, besturende redakteur, voer aan dat die beoogde artikel gaan oor die vraag of Phutsisi geregtig is om haarself die titel van “professor” te kan toe-eien, op grond van ‘n diploma wat sy ontvang het van The Academic Union Oxford in Engeland.

Daarvolgens is die titel ere-professor aan haar toegeken.

Luister na potgooie hieronder