Die hoof van projekbestuur in die Presidensie, Rudi Dicks, sê die hulp van die private inbelsentrumbedryf gaan ingeroep word om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se 10111-hulplyn reg te ruk. Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa planne hiervoor verlede week Donderdag in sy staatsrede genoem het. Die president het gesê dat sy administrasie met ʼn hervormingsproses begin het om misdaad meer doeltreffend in die land te beveg. Deel daarvan is om die polisie te help om die 10111-hulplyn beter te maak.