Die hooggeregshof in Johannesburg het beslis dat dieselfde kraamverlof-voorwaardes nou vir mans en vroue moet geld omdat die wet tans diskrimineer teen ouers op grond van geslag. Die hof het gelas dat die Wet op Basiese Diensvoorwaardes binne twee jaar verander moet word wat sal toesien dat ‘n vrou en haar man vier maande kraamverlof mag neem. Dit volg na ‘n hof-aansoek van ‘n egpaar van Polokwane, Werner en Ika van Wyk teen die minister van arbeid in 2022. Die egpaar en die Sonke Gender Justice burgerregte-organisasie het in hul hofaansoek aangevoer dat kraamverlofbepalings diskriminerend is. Volgens Netwerk 24 het Regter Roland Sutherland bevind die huidige wet is ongrondwetlik en dat die definisie van kraamverlof verander van moederskap na ouer- en versorgingsverlof. Die hof het ook beslis dat die minister bepalings instel wat voorsiening maak vir gelyke ouerskapverlof en voordele vir biologiese ouers, aanneemouers en ouers wie se baba deur ‘n surrogaatma gebore is.