Twee van die VBS Mutual Bank-roofbeskuldigdes se aansoek om hul verhoor van die van hul medebeskuldigdes te skei, is in die Gautengse hooggeregshof in Pretoria toegestaan.

Volgens News24 is die voormalige ANC-tesourier en jeugligaleier, Danny Msiza en Kabelo Matsepe se tweede aansoek, vir tydelike uitstel van vervolging, hangende die uitslag van hul petisie aan die Appèlhof in Bloemfontein wel geweier.

Hulle word saam met tot 11 ander beskuldiges by die beweerde plundering van meer as R1,9-miljard van die bank tussen 2015 en 2018 betrek. Die beskuldigdes staan ​​almal op 180 klagte, wat korrupsie en rampokkery insluit, tereg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×