Die hooggeregshof in Bloemfontein het die aansoek om verlof tot appèl deur een van die beskuldigdes in die Brendin Horner moordsaak van die hand gewys.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het die aansoek om verlof tot appèl deur een van die beskuldigdes in die Brendin Horner moordsaak van die hand gewys.

Sekwetje Mahlamba het die hooggeregshof in Bloemfontein genader met die hoop om die landdroshof op Senekal se beslissing, dat dit nie in die belang van geregtigheid is dat Mahlamba borgtog kry nie, om te keer.

Sekola Matlaletsa, Mahlamba se medebeskuldigde, is op borgtog van vyfduisend rand vrygelaat.

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag het die hooggeregshofbeslissing verwelkom en sê die NVG bly by sy standpunt dat Mahlamba nie ‘n kandidaat vir borgtog is nie.

Luister na potgooie hieronder