Die hooggeregshof in Bloemfontein het R11,3 miljoen aan 11 boere in die Verdeerdevlei-omgewing toegestaan nadat bevind is dat die Masilonyana munisipaliteit versuim het om sy oorhoofse kragkabels op die dorp instand te hou. Dit het tot gevolg gehad dat ‘n brand in 2015 groot skade aan 11 verskillende plase aangerig het. Netwerk 24 berig dit was die tweede keer in meer as drie jaar dat die boere in die distrik groot skade gely het deur ‘n brand wat op die dorp se stortingsterrein ontstaan het en na die plase versprei het. Toe moes die munisipaliteit R5,2 miljoen aan 12 boere betaal het. In die 2015 brand is bevind dat oorhoofse kabels wat te slap gespan was, die brand veroorsaak het.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×