Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag AfriForum se aansoek om verlof tot appèl na die appèlhof in Bloemfontein teen die “Kill the Boer”-uitspraak toegestaan.

Regter Edwin Molahleni het op 25 Augustus vanjaar in die gelykheidshof bevind dat dié struggle-lied nie haatspraak is nie.

Molahleni het gesê die burgerregteorganisasie kon nie bewys dat die lirieke ‘n “duidelike bedoeling het om haat aan te blaas of mense tot geweld aan te hits nie”.

AfriForum het hom toe tot die hooggeregshof gewend.

Die geding is teen die EFF, die partyleier, Julius Malema, en doktor Mbuyiseni Ndlozi, ‘n EFF-LP.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×