Die hooggeregshof in Mahikeng in Noordwes het ‘n hofbevel teen die beleërde Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit gewysig

 Die hooggeregshof in Mahikeng in Noordwes het ‘n hofbevel teen die beleërde Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit gewysig

Die hooggeregshof in Mahikeng in Noordwes het ‘n hofbevel wat verlede maand teen die beleërde Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit in Koster uitgereik is, gewysig.
Aanvanklik het die hof toestemming gegee dat die Kgetleng Belastingbetalersvereniging die amptelikke verskaffer van water en riooldienste word, nadat daar bevind is dat die munisipaliteit versuim het om die dienste aan die gemeenskap te lewer.
Die gewysigde hofbevel gee egter nou aan die Magalies Waterraad die verantwoordelikheid om water en sanitasie-dienste te verskaf.
Carel van Heerden, die voorsitter van die Belastingbetalersvereniging, sê hulle verwelkom die ooreenkoms, maar sal slegs dienslewering oorhandig nadat ‘n amptelikke diensverskaffer aangestel is.

LeandreAdmin@