Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg begin vandag met sy voorverhoorverrigtinge in die saak teen Zuma en Thales

 Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg begin vandag met sy voorverhoorverrigtinge in die saak teen Zuma en Thales

Foto: EWN

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg begin vandag met sy voorverhoorverrigtinge in die saak teen oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy, Thales.

Die saak hou verband met ‘n multimiljard rand wapentransaksie in 1999.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het gister bewerings deur die Jacob Zuma Stigting ontken dat die Staat die komende verhoor, vertraag.

Na jare lange sloer is die saak weereens verlede jaar uitgestel weens die Covid-19-pandemie asook hangende aansoeke deur die beskuldigdes.

Die Hooggeregshof het intussen die verhoordatum bevestig.

Die verhoor sal op 17 Mei vanjaar begin.

LeandreAdmin@