Die Valke gaan voort met hul hoogverraadondersoek teen AfriForum, met getuies wat steeds ondervra word.

Die ondersoek spruit, volgens Central News, uit aansprake wat AfriForum en die vakbond Solidariteit aan die Amerikaanse regering gemaak het.

Die groepe is ook daarvan beskuldig dat hulle verkeerde inligting oor Suid-Afrika se Onteieningswet versprei het, wat ‘n sterk reaksie van president Cyril Ramaphosa uitgelok het.

Die ondersoek het afgeskop ná ’n klag van die uMkhonto we Sizwe (MK) Party, wat die groepe daarvan beskuldig het dat hulle die lyn oorskry het deur buitelandse ingryping in Suid-Afrikaanse sake te soek.

error: Inhoud is beskerm !!