Die huidige belastingjaar toon ‘n groot afname in belastingbetalers

Die staatskoffers in Suid-Afrika blyk veel leër te wees in die huidige belastingjaar.

Volgens Netwerk 24, kan die land tot 700 000 minder belastingbetalers hê, weens Covid -19 se verbysterende invloed op afleggings uit poste.

Die Konsultante Groep PWC, het in sy jongste ekonomiese vooruitsig, gepubliseer dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, oftewel SAID, in 2021 ‘n daling van 7,6-miljoen na 6,9-miljoen belastingbetalers verwag.

Edward Kieswetter, kommissaris van die SAID, het gesê dat die werkloosheidskoers van 32,6%, asook die feit dat baie maatskappye hulle deure moes sluit, ‘n meetbaar negatiewe uitwerking op die belastingbasis sal hê.

Luister na potgooie hieronder