Die Wes-Kaapse owerhede sê die identifikasie van liggame wat uit die George-konstruksietragedie gehaal is, is nou ‘n sleutelfokus. Dít terwyl reddings-, sloping- en ondersoekoperasies op die terrein voortgaan.
Drie-en-dertig sterftes is bevestig, met 19 mense wat nog nie gevind is nie. Die blok van 42 eenhede het verlede week Maandag ineengestort. Die arbeidsdepartement lei ‘n ondersoek na die voorval, terwyl die Ingenieursraad van Suid-Afrika en die Menseregtekommissie ook daarna kyk.