Die aansoek om ‘n Ierse vrou vrywillig aan haar geboorteland uit te lewer sal na verwagting in Desember afgehandel word.
Volksblad berig die 42-jarige Ruth Lawrence staan tereg vir die dubbele moord op twee boesemvriende van Dublin, Ierland in 2014.
Rosestad 100.6FM-nuus het onlangs berig Lawrence is vroeër vanjaar na ‘n jarelange, wêreldwye soektog in ‘n woonstel in Pellissier in Bloemfontein in hegtenis geneem.
Lawrence se gewese kêrel, Neville Peter, is die ander verdagte in die dubbele moordsaak.
Van der Westhuizen, wie oorspronklik van Durban is, dien reeds tronkstraf van 15 jaar uit vir die 2017-moord op Cody Houghton, ‘n tiener van Durban.
‘n Aansoek vir Van der Westhuizen se uitlewering sal na verwagting later in Durban ingedien word.
Lawrence bly tot haar volgende hofverskyning in die Bainsvlei-polisiekantoor in Bloemfontein in aanhouding.