Die Ierse rugbyspeler en -afrigter, Greig Oliver, is uitgeken as die man wat gistermiddag dood is, toe twee tandem-valskermsweeftuie by Seepunt in Kaapstad teen mekaar gebots het.
Netwerk24 berig die 58-jarige Greig het in 1987 by die eerste Wêreldbeker-rugbytoernooi vir Skotland gespeel.
Tussen 2011 en 2014 het hy hom vir die brei van Ierland se A-span, asook sy onder 20-span beywer.
Hy was meer onlangs by Munster betrokke.
Wyle Greig is die pa van Ierland se onder 20-skrumskakel, Jack Oliver.
Greig was saam met sy gesin in Suid-Afrika om Jack by Wêreldrugby se onder 20-kampioenskap te ondersteun.