Die Ierse sangeres en aktivis Sinead O’Connor is in die ouderdom van 56-jaar oorlede. BBC berig haar familie het laat gisteraand ‘n verklaring uitgereik en gevra vir privaatheid om die hartseer te verwerk. O’Connor, ‘n ikoon in die musiekwêreld, was bekend vir haar liedjie, “Nothing Compares to U” wat in 1990 uitgereik is en ‘n tydlose treffer was. Haar 17-jarige seun, Shane, het verlede jaar selfmoord gepleeg. Sy het al haar optredes vir die res van die jaar gekanselleer. Sy het in laaste tweets hulde gebring aan hom en gesê hy was die liefde van haar lewe, die lig van haar siel. Talle mense in die vermaakbedryf het in huldeblyke gesê sy sal onthou word vir die rou emosie in elke noot wat sy gesing het. Selfs die die Ierse president, Michael Higgings het hulde gebring aan O’Connor vir haar unieke en pragtige sangstem. Hy het gesê haar dood is ‘n verlies vir Ierland. Sy het haar sterk uitgespreek teen seksuele misbruik in die katolieke kerk, wat gevolg is deur betogings in die VSA. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.
