President Cyril Ramaphosa sal na verwagting die finale verslag oor die omstrede Russiese vragskip Lady R, binne twee weke in sy hande hê.

Rosestad-nuus het vroeër berig daar is op die hoogste vlak besluit dat die inhoud van die verslag nie openbaar gemaak sal word nie, aangesien dit inligting kan bevat wat betrekking op nasionale veiligheid het.

Netwerk24 berig Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het egter nie gister enige aanduiding gegee of dié besluit steeds van krag bly nie.

Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, het gesê die verslag moet openbaar gemaak word, aangesien belastingbetalers vir ondersoeke soos hierdie betaal. Die geheimhouding rondom die verslag is ‘n raaisel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×