Edward Kieswetter, hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, verwelkom die terugkeer van Enoch Godongwana as minister van finansies. Aldus Kieswetter sal dit die nodige kontinuïteit besorg op die pad na volhoubare ekonomiese vooruitgang.

Die inkomstediens-hoof is ook in sy skik met die heraanstelling van David Masondo as adjunkminister, sowel as Ashor Sarupen, wat as tweede adjunk in die finans-ministerie sal dien. Kieswetter stel ‘n uitstekende werksverhouding tussen die ministerie en die inkomstediens in die vooruitsig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×