Doktor Henry Kissinger, die invloedryke voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, wie ook die VSA se nasionale veligheidsadviseur was, is in die ouderdom van 100 oorlede. Kissinger, wat gister by sy huis in Conecticut gesterf het, het tot op die einde in politieke kringe beweeg.

As honderdjarige het hy nog in Julie vanjaar na China gereis, om president Xi Jinping te ontmoet.

Hy is in 1973 met die Nobelprys vir Vrede vereer, vir sy aandeel in vredesamesprekings om die Viëtnam-oorlog te help beëindig.

Kissinger het in New York grootgeword, nadat sy Joodse familie in 1938 uit Nazi-Duitsland na die VSA gevlug het.

EWN berig sy familie beplan ‘n private begrafnis en dat daar later vir hom ‘n gedenkdiens in New York gehou sal word. Die oorsaak van sy dood is nie verskaf nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×