Nadat minstens een Israeli gister naby die grens met Libanon in ‘n Hezbollah-missielaanval dood is, wil Israel se weermag mense in die grensgebied
na veiligheid bring.
Israel het in reaksie op die aanval, oornag-lugaanvalle op Libanon geloods.
Luidens die Britse Daily Mail is dit steeds onduidelik of die ontruiming vrywillig of verpligtend sal wees.
‘n Reuse aantal inwoners het egter reeds, uit eie beweging, die grensgebied verlaat toe die konflik tussen Hamas en Israel onlangs oënskynlik na Libanon begin oorspoel het.