Die Jacob Zuma Stigting bevestig dat betogings gaan oor Zuma se vonnis

Die Jacob Zuma Stigting het intussen ‘n beroep gedoen op die Grondwethof om die sogenaamde fout met hul uitspraak oor Zuma se skuldigbevinding en vonnis te korrigeer en dit te herroep. Die Stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê die geweld en onrus in dele van KwaZulu-Natal is ‘n natuurlike reaksie op die tronkstraf wat onwettig aan Zuma opgelê is. Op sosiale media het die debat oor Zuma en die geweld in KwaZulu-Natal ook opgevlam. Zuma-ondersteuners eis sy vrylating, terwyl ander Twitter-gebruikers sy dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, daarvan beskuldig dat sy die onrus en geweld aanblaas met haar plasings waarin sy Zuma se ondersteuners bedank.

Luister na potgooie hieronder