Die Jagersfontein Developments-myn oorhandig Woensdag nuutgeboude huise aan sekere mense wie dakloos gelaat is in die 2022-Jagersfontein-slikdamramp. Twee mense is in die ramp dood en talle ander is beseer toe die wal van ‘n mynslikdam meegee.
Minstens 140 gesinne is dakloos gelaat toe die slikvloed huise verwoes. SABC News berig uit die 140 gesinne wat ontheem is, het 90 gekies dat die myn vir hulle nuwe huise bou. Die ander gaan voort met regstappe om vergoeding van die myn te eis.