Die jongste Covid-19 syfers is bekend gemaak

Die jongste Covid-19 getalle is bekend gemaak.

Oor die afgelope 24 uur is 8 929 nuwe gevalle van infeksie, asook 596 sterftes aangemeld.

In die Vrystaat is 383 nuwe gevalle en 20 sterftes oor dieselfde tydperk gerapporteer.

In Bloemfontein het die Vrystaatse Rugbyunie gister 67 oranje ballonne die lug ingestuur om hulde te bring aan die gesondheidswerkers wat aan die voorste linie teen die Covid-19 pandemie veg.

Barbara Steenkamp en Carl Burmann, verteenwoordigers van MediClinic Bloemfontein, het die verrigtinge bygewoon.

Volgens Steenkamp was dit vir hulle ‘n spesiale gebaar.

Elke Cheetah-speler se erkenning en dankbaarheid is ervaar.

Luister na potgooie hieronder