Die jongste Covid-19 syfers is bekend gemaak

Meer as 10% van alle volwassenes in Suid-Afrika is reeds volledig ingeënt.

Volgens Mia Malan, die hoof van die Bhekisisa-sentrum vir gesondheidsjoernalistiek, het byna 2-miljoen mense reeds twee dosisse van die Pfizer-entstof ontvang en nog 2-miljoen die enkeldosis Johnson en Johnson-inenting.

Intussen is daar bekend gemaak dat meer as 140-duisend mense in die jongste verslagperiode ingeënt is. Dit is egter net die helfde van die regering se teiken van 300-duisend per dag.

In die jongste Covid-19 syfers wat bekend gemaak is, is daar 14-duisend nuwe Covid-19-gevalle die afgelope 24-uur landwyd aangemeld.

Daar is in dieselfde tydperk 384 sterftes bevestig.

Luister na potgooie hieronder