Die jongste Covid-19 syfers is bekend gemaak

Nog 143 Covid-19-verwante sterftes is die afgelope 24 uur bevestig, wat die totale dodetal op meer as 84-duisend-750 te staan bring.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes is 5-duisend-309 nuwe gevalle in die jongste verslagperiode aangemeld.

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, SAHPRA, het Pfizer se twee-dosis Covid-19 entstof goedgekeur vir gebruik in kinders ouer as 12 jaar.

Intussen berig Rapport dat pres. Cyril Ramaphosa kan die land reeds vanaand toespreek oor die verslapping van inperkingsregulasies teen Covid-19, nadat hy die afgelope week met die nasionale koronavirus-bevelsraad, die president se koördinerende raad waarin alle premiers dien, sowel as opposisiepartye vergader het.

Geen bevestiging van Die Presidensie is nog in dié verband ontvang nie.

Luister na potgooie hieronder