Die jongste Covid-19 syfers toon steeds ‘n afname in sterftes en nuwe gevalle

Die jongste Covid-19 syfers wat in die Departement van Gesondheid se verslag is dui aan dat die getal sterftes en nuwe gevalle steeds ‘n afname beleef.

In die afgelope verslagperiode is 31 sterftes en 862 nuwe gevalle aangemeld.

Die getal aktiewe gevalle het vir die eerste keer in maande tot minder as 30 000 gedaal, terwyl die herstelkoers bestendig bly op 94,7%.

Die jongste syfers bring die totale getal gevalle sedert verlede jaar op net meer as 1 521 000 te staan,
terwyl 50 678 mense aan Covid-verwante komplikasies dood is.

Intussen sê die Departement sowat 102 000 gesondheidswerkers is reeds teen die virus ingeënt.

Luister na potgooie hieronder