Die jongste Covid-19 syfers word bekend gemaak

Die jongste Covid-19 syfers is bekend gemaak.

13 263 nuwe gevalle van infeksie en 423 sterftes is oor die afgelope 24 uur aangemeld.

597 nuwe infeksies en 18 sterftes is in die Vrystaat aangemeld.

Kenners het hulle kommer uitgespreek oor die uitwerking van die pandemie op kinders, wat nie naastenby toegerus is om die
skielike sterftes en onsekerheid te hanteer nie.

Johan le Roux, ‘n kliniese sielkundige by die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks se kindereenheid in Bloemfontein, sê hulle
sien nou meer as 600 kinders per maand.

Sluimerende angs midde die onsekere tyd eis sy tol op kinders. Heelwat kinders toon ook tans ‘n ongekende vrees vir die
toekoms.

Luister na potgooie hieronder