Die jongste Covid-19 syfers word bekend gemaak

Dit is dag 509 van die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie.

Oor die afgelope 24 uur is 7 983 nuwe infeksies en 299 sterftes landwyd aangekondig.

In die Vrystaat is 473 nuwe gevalle van infeksies en 42 sterftes gerapporteer.

‘n Bekende speurder van die veediefstal-eenheid in Bloemfontein, adjudant-offisier Louwrens Botha, is na twee weke in die waakeenheid van die Mediclinic aan Covid-19 verwante oorsake oorlede.

Hy word oorleef deur sy vrou Riana, twee dogters en twee kleinkinders.

Luister na potgooie hieronder