Die jongste Covid-19 syfers word bekend gemaak

Die jongste Covid-19 syfers wat bekend gemaak is, toon 14 728 nuwe infeksies en 384 sterftes aan.

In die Vrystaat is 996 nuwe gevalle en 11 sterftes gerapporteer.

Intussen het Qantas Airways aangekondig dat al sy personeellede ten volle teen Covid-19 ingeënt moet wees.

Kajuitpersoneel, loodse en werkers by lughawens moet teen 15 November ingeënt wees.

Die sperdatum vir die res van die werkers is 31 Maart 2022.

Indien ‘n werker hom daarteen verset, kan hy sy werk kwyt wees.

Luister na potgooie hieronder