Die jongste Covid-19 syfers word bekend gemaak

Die jongste Covid-19 syfers oor die afgelope 24 uur toon 7 632 nuwe infeksies, en 163 sterftes landwyd aan.

In die Vrystaat is 468 nuwe gevalle en 12 sterftes gerapporteer.

247 293 entstof-dosisse is in die tydperk landwyd toegedien.

Volgens dr. Nicholas Pearce, hoof van die Covid-19 sentrum by die Universitas-hospitaal in Bloemfontein, was die ry vir inenting, danksy die nuwe ouderdomsgroep van 18 tot 35, moontlik die langste nog tot dusver.

Tog is die sentrum nog nie naastenby by die 60 tot 70% van mense wat ingeënt moet word, om kudde-immuniteit in die Vrystaat te bewerkstellig nie.

Luister na potgooie hieronder