Die jongste Covid-19 syfers word bekend gemaak

Die jongste Covid-19 syfers oor die afgelope 24 toon 7 740 nuwe infeksies en 134 sterftes landwyd aan.

504 nuwe gevalle en 5 sterftes is in die Vrystaat gerapporteer.

Intussen is kommer uitgespreek oor die swaar druk van Covid-19 op skole in die sentrale binneland.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement het bevestig dat ‘n skool in Botshabelo buite
Bloemfontein steeds gesluit is nadat Mojalefa Thipane, ‘n graad 8-seun van die skool verlede Sondag aan Covid-19-verwante komplikasies gesterf het.

Luister na potgooie hieronder