Die jongste Covid-19 syfers word bekend gemaak

Die jongste Covid-19 syfers van die afgelope 24 uur toon 9 544 nuwe infeksies en 235 sterftes landwyd aan.

In die Vrystaat is 965 nuwe gevalle en 8 sterftes gerapporteer.

Van die 61 027 toetse wat gister, op dag 525 van die pandemie gedoen is, was 9 544 positief – dit bring die positiwiteitskoers tans op 15,6% te staan.

Luister na potgooie hieronder